Beskrywing:
Kom geniet die rus en vrede weg van die stad se lawaai by ons op Sandfontein Pennies en Ponde. Hier op die Vaaldam se oewer bied ons vir julle ontspanning wat nĂªrens anders gevind kan word nie. Kom alleen, as 'n gesin, of saam met die hele familie! Ons kan tot 17 mense gemaklik en gerieflik huisves.
Kom beleef oupa en ouma se plaashuis van die goeie ou dae. Koolstoof, boere troos op die stoep en die vryheid van gees wat met jare se gejaag velore gegaan het.
Kinders is meer as welkom, hul sal die plaas lewe geniet! Kom speel wegkruipertjie, speel in die sand, swem in die dam of sit en kyk na die ongelooflikste sonsondergang en die hemelryk se sterre in die nag!!